BETHAL – Lede van Sektor 2 se Gemeenskaps Polisiëringsforum (GPF) het op 25 September weer vergader.
Hulle het misdaad en die forum se nuwe uitdagings bespreek.
Diefstal uit motors wat in die sakegebiede parkeer, is steeds ’n groot probleem.
Mense is versoek om hul ID-nommers deur te gee voordat hulle deel van die Whatsappgroep kan word.
Die GPF beplan om snags meer sigbaar te wees deur middel van baadjies, borde en ligte.
Lede kan nou GPF-borde en groen liggies bestel, asook GPF-identiteitskaartjies.
Die volgende GPF-vergadering vind op 30 Oktober by die N.G. Kerk Oosgemeente plaas.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



