EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe kom byeen

Sluit by fotografieklub aan en leer meer van fotografie.

SECUNDA – Die Hoëveldse Fotografieklub het op Vrydag, 3 Oktober vergader en dr. Leon Pelser het die wenfoto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gewen met sy foto Eye on the Road.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Oktober was panning.

Mnr. Encee van Huyssteen het die beste foto onder die junior fotograwe geneem en ook ’n sertifikaat van meriete gekry vir sy foto Quiver Tree wat hy in die landskapafdeling ingeskryf het.

Mnr. Piet Potgieter was die beste onder die senior fotograwe en het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto Koel Water gekry wat hy in die natuurafdeling ingeskryf het.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete gekry het, is me. Sandra van Heerden met haar foto Melissa in die veranderde realiteitsafdeling, me. Lize Hill met haar foto Little Chinese Boy in die pikturale afdeling en mnr. JR Coetzer met sy foto Iris in die pikturale afdeling

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer op Vrydag, 14 November en die voorgeskrewe onderwerp vir November is babafotografie wat foto’s van mense en diere insluit.

Dié vergadering begin om 6.30nm.

Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 088 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button