SECUNDA – Die sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan tree op Saterdag, 18 Oktober by Graceland Casino op.
Kaartjies kos R120 per persoon en die vertoning begin om 7nm.
Die deure maak om 6nm oop.
Jordaan is sonder twyfel een van die grootste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het.
Hy het al vyf solo-albums uitgebring en sy album, Roeper, is in 2012 bekendgestel.
Sy eerste album, Vreemde Stad, is in 2000 uitgebring en is as die suksesvolste debuutalbum in Afrikaans aangewys met verkope van meer as 200 000.
Sy tweede album, Tjailatyd, het ook meer as 200 000 verkoop en sy derde album, Seisoen, het reeds die 100 00 merk oorskry.
Vir meer inligting of om ’n kaartjie te bespreek, skakel 017 620 1120.



