EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Gaan op reis met die Panatomimos Express
Vertoning sluit onder andere ballet en moderne danse in.

SECUNDA – Die Nicolette Brooks Dansskool bied vanaand, 16 Oktober en môre-aand ’n opvoering by die Johannes Stegmann Teater aan.
Dit begin om 6.30nm en kaartjies kos R80 per persoon.
Die vertoning sluit onder andere ballet en moderne danse in en heet die Panatomimos Express.
Dit beloof om die gehoor op ’n reis van vermaak te neem.
Me. Nicolette Brooks is die choreograaf wat die Nicolette Brooks Dansskool in 1990 begin het.
Al die geld van die vertoning gaan aan die Marietjie Skool en die Kosmos Kinderhuis op Kriel geskenk word.
Vir meer inligting, skakel me. Brooks by 082 463 1532.



