Local newsNews

Ma draai by die dood om

Ondersteun bloeddiens en red ’n lewe.

SECUNDA – Me. Cornel Byleveldt se lewe is in Mei vanjaar gered toe sy bloed gekry het.

Dit was vir haar ’n saak van lewe en dood nadat sy op 8 Mei vir ’n keisersnee gegaan en later infeksie in die wond gekry het.

Sy het geboorte aan ’n tweeling, Luhandre en Leandrie, gegee en is ’n paar dae na die keisersnee huis toe.

Me. Byleveldt het die volgende dag baie sleg gevoel en die hospitaal geskakel en is per ambulans terug is hospitaal toe.

Die dokters het egter gesê alles is reg en elke vrou hanteer geboortes anders.

Sy het egter in dieselfde week weer erg pyn gehad en iets gevoel skiet in haar liggaam.

“Daar het ’n vloeistof onder uit my liggaam geloop en ek is weer terug hospitaal toe,” het sy gesê.

Dokters het haar wond wat infeksie gehad het, skoongemaak en me. Byleveldt het by die dood omgeraai en net betyds twee pinte bloed gekry.

Sy was vir drie dae in die hoësorgeenheid van die hospitaal en moes later nog twee pinte bloed kry.

Haar tweeling is nou vyf maande oud en sy en haar man, mnr. Bertie Byleveldt, is dankbaar dat sy nog leef.

Sy bly nou voltdys tuis om die tweeling te versorg.

Die egpaar skenk albei ook bloed omdat hulle weet hoe noodsaaklik dit is.

Ondersteun Teksa Bloeddiens en gaan skenk bloed.

Skakel die bloeddiens by 017 631 1652 of besoek hulle in Horwoodstraat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button