EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Tanya sing graag

Me. Tanya du Plooy sing graag by funksies en troues en haar man is haar grootste inspirasie.

BETHAL – Dis geen wonder dat me. Tanya du Plooy goed kan sing nie, want sy het langs hul huisradio grootgeword en baie in die kerk gesing.

Haar man, mnr. Johan du Plooy, maak in sy vrye tyd musiek en hy het haar geïnspireer om by funksies en troues op te tree.

Sy sing alle soorte musiek en volgens haar gaan sy net deur haar musiek voordat sy by ’n funksie of troue optree.

Die liedjie wat sy die meeste sing, is “The Story” van Brandi Carlile omdat dit ’n mooi storielyn het.

Sy beplan om in die toekoms dalk haar eie CD uit te bring en meer by funksies op te tree.

Volgens haar is sang bevredigend.

“My kinders volg reeds in my voetspore, want my seun geniet dit om kitaar te speel en my dogter hoort net op die verhoog,” het sy gesê.

Me. Du Plooy is in 1977 in Pretoria gebore en haar pa was in die weermag en die gesin het baie rondgetrek.

Sy het meeste van die tyd op Tsumeb in Namibië gebly en het aan Generaal Hertzog gematrikuleer.

Me. Du Plooy is in 1997 met mnr. Du Plooy getroud en hulle het ’n seun en ’n dogter.

Die gesin woon al vir 12 jaar op Bethal.

In haar vrye tyd bestee sy tyd saam met haar kinders, oefen, lees romanse of draf.

Haar stokperdjies is om te sing en om verjaarsdagkoeke te bak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button