MunicipalNews

Oop mangate is kommerwekkend

Munisipaliteit faal om oop mangate toe te maak.

BETHAL – Die groot aantal mangate op Bethal is kommerwekkend.

Die mangat by Laerskool Marietjie van Niekerk hou ’n gevaar vir kinders in omdat dit met gras toegegroei is.

Die Echo en Ridge Times was op Donderdag, 16 Oktober saam met me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, by sewe verskillende oop mangate en volgens haar het sy ’n klagte van die oop mangat by Laerskool Marietjie van Niekerk op 31 Mei persoonlik by die munispaliteit ingedien.

Die twee mangate naby die Nestlé-fabriek is net met groot klippe toegemaak.

Mnr. Henry Masango, hoof van kommunikasie en bemarking van die Govan Mbeki Munisipaliteit, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button