CrimeLocal newsMunicipalNews
Beeste ter waarde van R600 000 gesteel
Die skuldige is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.
Tshidiso France Molopo is op 31 Oktober in die Balfour Streekshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig aan veediefstal bevind is.
Altesaam 53 Red Beef Master beeste, ter waarde van R600 000, is in November 2011 op die plaas van mnr. Jannie Ungerer in die Balfour-distrik gesteel.
Die Veediefstaleenheid op Standerton het drie verdagtes op 22 November 2011 in hegtenis geneem.
Dié eenheid het 20 beeste, ter waarde van R262 300, teruggevind.
Die streekshof het die ander twee verdagtes onskuldig bevind en ontslaan.
“Dit is ’n goeie vonnis vir veediewe,” het lt. Liesyl Hand van die eenheid gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



