CrimeLocal newsMunicipalNews

Man by Secunda-asgate aangeval

Mense is bang om na Secunda asgate te gaan.

SECUNDA – Mnr. Kobus Viljoen is onlangs by die asgate aangeval en was glo die derde geval vir die dag.

“Ek het geute en ander rommel op my bakkie gehad en was sowat 20m ver by die asgate se perseel in toe vier mans op my bakkie afgestorm het en sommer terwyl my bakkie gery het, die rommel begin afhaal,” het mnr. Viljoen gesê.

“Ek het gestop en uitgeklim om hulle te keer en een het my van agter af geslaan, terwyl ek ’n ander een wou keer om die geute af te haal.

“Ek het terug geslaan en myself verdedig en my werknemer wat saam met my gegaan het, het ook gehelp om die vier mans te probeer afweer.

“Ek het die polisie geskakel en die mans het laat spaander toe hulle sien ek maak ’n oproep.

“Die werknemers van die asgate het net op ’n afstand gestaan en kyk en geen poging aangewend om my te help nie.”

Die polisie was vinnig op die toneel en een van die mans is in hegtenis geneem.

Hy het mense aangeraai om vir hul eie veiligheid eerder staal en yster by die skrootwerf voor die asgate in te gee.

Die koerant het al verskeie kere oor die veiligheid van mense en die swak toestand van dié asgate berig.

Die munisipaliteit sou aandag hieraan gegee het, maar daar is egter steeds geen sekuriteit by die asgate nie en geen reëls word toegepas nie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Jana Oosthuizen

I have been working for the Ridge Times newspaper for 15 years. I worked in a few other fields before starting to work for the newspaper in October 2009. I have a diploma in Journalism and the areas where I cover news include Secunda, Bethal, Trichardt, Evander, Leandra and Kinross.

Related Articles

Back to top button