EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Klavierkonsert uit Nederland

Petro Marais sing met entoesiasme.

BETHAL – Musiekliefhebbers het onlangs die voorreg gehad om ’n konsert van die bekende Nederlandse pianis, Petro Marais (76), op Bethal by te woon.

Marais is in Suid-Afrika gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch teologie studeer.

Omdat hy van jongs af musieklesse geneem het, het hy homself ook daarin verder bekwaam en in Nederland sy studies voortgesit.

Hy was daar predikant, maar het homself in sy musiek uitgeleef en ’n jeugmusiek, koor en dansgroep, ‘Combo Studio 72’ gestig.

Met die groep het hy die wêreld deur getoer, onder andere Poland, Japan, Amerika, Indonesië, Hongarye, Griekeland, Brasilië en Suid-Afrika.

Tydens sy klavierkonserte vanjaar in Suid-Afrika, het hy met sy entoesiasme oor musiek en die geskiedenis van die bekende komponiste, sy gehore geboei en het hulle hom ook as mens geniet.

Sy uitvoering het hy afgesluit met ‘n Suid-Afrikaanse Fantasie, wat verskillende volksliedere ingesluit het waartydens die gaste dan vrolik saamgesing het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button