EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Jacqueline vertolk haar lewe deur fotografie

Vir me. Scholtz is fotografie ’n tydverdryf waar sy haarself kan uitleef en waarmee sy gemaklik voel.

TRICHARDT – Me. Jacqueline Scholtz (19) glo dat foto’s meer as ’n duisend woorde beskryf.

Sy het op 10 jaar vir die eerste keer ’n kamera vasgehou en haar suster was die eerste proefkonyn op wie sy haar mik en druk gebruik het en sy het passievol oor fotografie begin raak.

Me. Scholtz doen tans kursusse in fotografie.

Een van haar grootste inspirasies is me. Sonja Visser, fotograaf, wat haar mentor was tydens haar opleiding.

Vir me. Scholtz is fotografie ’n tydverdryf waardeur sy haarself kan uitleef en waarmee sy gemaklik voel.

Sy is tans besig met natuur- familie- en paartjie-fotosessies om haar professionele fotografietydverdryf ’n realiteit te maak.

Haar vooruitsigte vir die volgende 10 jaar is om haar eie ateljee oop te maak en om herinneringe vir mense deur middel van haar foto’s te skep.

“Vir my gaan fotografie nie oor die gewildheid of die geld nie, maar die blote feit dat ek onvergeetlike herinneringe wat ander koester, kan skep,” het me. Scholtz gesê.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button