EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Tannie Poppie teken haar nuwe kookboek

Kokkedoor stel kookboek met beste resepte vry.

SECUNDA – Die bekende kok van die Kokkedoor televisiereeks, Tannie Poppie Coetzer, besoek die dorp op Saterdag, 22 November.

Sy gaan haar nuwe boek, Tannie Poppie Kook, by Bargain Books in die Secunda Mall bekendstel.

Die geleentheid begin om 10vm en belangstellendes kan haar ontmoet en haar nuwe boek koop wat sy sal teken.

In dié nuwe kookboek deel Suid-Afrika se gewildste kos-ouma haar gunsteling versamelresepte en die klem is op lekker kos.

Dit bied heerlike resepidees vir hoender, brode, poedings, lekkernye vir die teetafel en vele meer.

Dit spog deugaans met volkleurfoto’s van die geregte en die boek bevat staatmakerresepte wat vir beginners in die koumbuis sowel as ervare kokke geskik is.

Vir meer inligting, skakel Bargain Books by 017 631 1123.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button