EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe kry pryse

Leon en Martilie wen meeste pryse by fotoklub op Secunda se prysuitdeling.

SECUNDA – Die Hoëveldse Fotografieklub het Vrydag, 14 November hul jaarlikse prysuitdeling en jaarafsluiting gehou en hul beste fotograwe aangewys.

Die seniorfotograaf van die jaar is me. Martilie Weideman en die juniorfotograaf van die jaar is mnr. Danie Smit.

Dr. Leon Pelser het die prys gekry vir die algemene fotograaf van die jaar en hy het die meeste salonaanvaardings gekry.

Me. Weideman is ook aangewys as die fotograaf wat deur die jaar die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gedoen het.

Dr. Pelser het tweede in dié afdeling geëindig en me. Lynette van der Mescht derde.

In die natuurafdeling vir seniorfotograwe het mnr. James Harris met die prys weggestap met mnr. Pierre Jordaan tweede en mnr. Kobus Victor derde.

Mnr. Jeff Mostert en me. Sophie Hugo deel die eerste plek in die natuurafdeling vir juniorfotograwe en mnr. Mias Bezuidenhout het tweede geëindig en mnr. Hannes en sy vrou, me. Hester Griesel deel die derde plek.

In die natuurvoëlafdeling is me. Weideman die beste seniorfotograaf, terwyl mnr. Jordaan tweede geëindig het en mnr. Johan Coetzee derde.

Me. Griesel was die beste in die natuurvoëlafdeling onder die juniorfotograwe en mnr. Griesel het tweede geëindig en mnr. Smit derde.

In die landskapafdeling het mnr. Adré Weideman met die prys weggestap onder die seniorfotograwe, terwyl dr. Pelser tweede geëindig het en mnr. Victor derde.

Mnr. Encee van Huyssteen is die beste juniorfotograaf in die landskapafdeling, mnr. Smit het tweede geëindig en mnr. Koos Janseen van Vuuren derde.

In die pikturale afdeling het me. Lize Hill die prys onder die seniorfotograwe gewen, terwyl mnr. Piet Potgieter tweede geëindig het en dr. Pelser derde.

Onder die juniorfotograwe in die pikturale afdeling het me. Tarina van Schalkwyk met die wenprys weggestap, terwyl mnr. Jeff Mostert tweede geëindig het en Jana Oosthuizen derde.

In die fotojoernalistieke afdeling het mnr. Coetzee die prys onder die seniorfotograwe gewen, terwyl mnr. Weideman tweede geëindig het en dr. Pelser derde.

Onder die juniorfotograwe in dieselfde afdeling het mnr. Jansen van Vuuren met die eerste prys weggestap, terwyl mnr. Smit tweede geëindig het en Jana Oosthuizen derde.

In die veranderde realiteitsafdeling was me. Weideman die wenner onder die seniorfotograwe.

Dr. Pelse het tweede geëindig en me. Hill derde.

Onder die juniorfotograwe in dieselfde afdeling het mnr. Mostert as die wenner weggestap, terwyl me. Lynette van der Mescht tweede geëindig het.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button