Editor's choiceLocal newsNews

Oud dokter sterf kort na verjaarsdag

Ou vriende en familie het sy verjaarsdag op 23 November gevier min wetende dat dit die laaste keer was om so ’n geleentheid by te woon.

Dr. Bill te Water is op Saterdag 29 November in die ouderdom van 96 in die siekeboeg van die Standertonse Ouetehuis dood.

Ou vriende en familie het sy verjaarsdag op 23 November gevier min wetende dat dit die laaste keer was om so ’n geleentheid by te woon.

Willem Frans te Water is in 1918 op die familieplaas op Grootvlei, Trichardt, gebore, waar sy liefde vir boerdery ontkiem het.

Sy ma het hom na skool na die Universiteit van Kaapstad vir mediese opleiding gestuur, waar hy ook sy vrou, Juliana, ontmoet het.

Hulle is in 1945 getroud en het drie kinders, Frans-Karel, Mariana (oorlede) en Janine gehad.

Hy het as dokter op Standerton in die destydse viermanspraktyk van Drr. Bell, Te Water, De Villiers en Van Wyk gepraktiseer.

Die roudiens vind op Vrydag 5 Desember om 11vm by die Klipkerk plaas en ’n privaatverassing sal gehou word.

Lees die hele storie in Vrydag se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button