Local newsLocal sportNewsSport

Goju Ryu-studente word vereer

Studente in die Goju Ryu-afdeling van Ermelo Karate Academy het in November hul graderingseremonie gehad.

Studente in die Goju Ryu-afdeling  van Ermelo Karate Academy het  in November hul graderingseremonie gehad.

Sensei Lional Grobler en sensei Wim Potgieter het as gradeerders opgetree.

Tydens dié geleentheid het Wikus Rust, Markus Kruger en Ruan Herbst opgegradeer na oranje, met Carl van Wyk na groen en Brioni Richards na ’n geel gordel.

Sensei Lional Grobler is aangewys as Mawashi Geri-kampioen, Ermelo top 10, SA top 100 (67) en ontvang provinsiale kleure (TKSA, Tokon) en nasionale kleure (TSKKIA, SAFSK).

Sensei Wim Potgieter, Ermelo top 10, beste senior man, SA top 100 (40), provinsiale kleure (TKSA, Tokon) en nasionale kleure (TSKKIA).

Carl van Wyk het die beste gradering gehad en ontvang ook provinsiale kleure (TKSA, Tokon) en nasionale kleure (TSKKIA).

Wikus Rust is ook onder die top 10 in Ermelo, ontvang  ’n prys vir toewyding en uithouvermoë, provinsiale kleure (Tokon) en nasionale kleure (TSKKIA, SAFSK) en beste Kumite.

Brioni Richards het in die top 10 in Ermelo geëindig en ontvang provinsiale kleure (Tokon) en nasionale kleure (TSKKIA).

Markus Kruger is aangewys as die student met die beste vordering en Ruan Herbst as beste beginner.

Related Articles

Back to top button