Editor's choiceLocal newsNews

Jaar begin goed vir motoriste

Wat gaan jy met die ekstra R1 doen?

HOëVELD – Vir baie Suid-Afrikaners het 2015 op ’n hoë noot begin toe die prys van brandstof gedaal het.

95 oktaan brandstof het met R1-23 per liter gedaal, ’n daling van 12,2 persent, en dié van 93 oktaan met R1.27, ’n daling van 13 persent.

Dit beteken dat 95 oktaan brandstof nou R11-24 per liter is en 93 oktaan R11-02 per liter.

Die prys van 0.05 gehalte diesel verminder met R1-04 en van 0.005 persent met R1-05 per liter.

Die prys van brandstof het vir die derde agtereenvolgende maand gedaal.

Dit word toegeskryf aan die konstante daling in die prys van ru-olie te midde van die Rand se verswakte waarde en omdat brent ru-olie in die afgelope maande tot minder as $60 per vat gedaal het.

Mense op sosiale netwerke het gesê hulle is verlig.

“Ek hoop egter die dalende brandstofprys sal tot goedkoper verbruikersgoedere lei,” het ’n Bethaller gesê.

Bespaar só op brandstofverbruik:

  • Vermy harde versnelling en ’n stop-ry-styl, want dan suig jou voertuig behoorlik brandstof.
  • Ry stadiger. Hoë spoed verhoog brandstofverbruik en CO2-uitlate. Teen 110km/h verbruik ’n voertuig tot 25% meer brandstof as teen 90km/h.
  • Ry in die hoogste rat moontlik, maar sonder dat die enjin swaarkry. Om teen 60km/h in derde rat te ry is nie so doeltreffend as om dit in vierde rat te doen nie.
  • Skakel op die korrekte oomblik na ’n hoër rat oor: Teen 2 500r/min. vir petrolenjins en teen 2 000r/min. vir dieselenjins.
  • Handhaaf die snelheid eerder as om dán vinniger dán stadiger te ry. Benut die snelheidsbeheerfunksie op lang reise.
  • Werk vooraf die roete na jou bestemming uit en neem die kortste een sodat jy nie ompad ry en onnodiglik brandstof verbruik nie.
  • Vermy dit om die voertuig onnodiglik lank te laat luier; dit vermors brandstof. As die verkeer tot stilstand kom, sluit die enjin af terwyl jy wag.
  • Moenie met die vensters wyd oop ry nie, veral teen hoë spoed, want dit verhoog ’n voertuig se windweerstand en sodoende die brandstofverbruik.
  • Gebruik die lugreëlaar oordeelkundig. Of dit ’n meganiese of ’n eletriese een is, dit verhoog brandstofverbruik met tot 10%. Maar teen snelhede van meer as 80km/h is dit beter om die lugreëlaar te gebruik as om met die vensters oop te ry.
  • Vermy die gebruik van elektriese toestelle soos selfoonlaaiers, want dit verhoog ook brandstofverbruik.
  • Moenie onnodige goed saamry nie. Hoe swaarder die voertuig hoe dorser is hy.
  • Maak vol wanneer die tenk half is om te keer dat te veel brandstof verdamp.
  • Maak vroegoggend vol wanneer die grondtemperatuur nog laag is. Vulstasies se tenks is ondergronds en hoe kouer die grond hoe hoër is die brandstof se dightheid.
  • Maak seker die wielsporing is korrek.
  • Maak seker die bande is tot die korrekte drukking gepomp. Dit verminder nie net brandstofverbruik nie, maar verleng hul gebruik en verbeter hantering.

download

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button