Local newsLocal sportNewsSport

Broncos eindig seisoen in derde plek

Tigers klop die Broncos met 28-20 in halfeindstryd.

BETHAL – Die Tigers Rugbyklub van Middelburg het die Broncos op Saterdag, 10 Janaurie op Bethal met 28-20 geklop.

Dit was die Boncos se halfeindstryd en hulle is derde in die Mpumalanga-liga.

Die speler van die wedstryd was JC Terblanche wat onlangs ook Rhinokleure verwerf het omdat hy in die nasionale span saam met Maruis Herbst was.

Volgens die afrigter, mnr. Gerry Gendall, was die Broncos ongelukkig om te verloor.

“Die Broncos het meeste van die aanval gedoen en die Tigers se vlak spel uitgebuit.”

Hy het ook gesê dat die telling heelwat anders sou gewees het as die aangee na die Broncosspelers se hande gegaan het.

“Dit is hoe rugby werk en die Tigers was wakker, maar die Broncos het goed verdedig,” het mnr. Gendall gesê.

Bethal Rugbyklub oefen op Dinsdae en Donderdae vanaf 6nm tot 8nm.

Vir meer inligting, skakel mnr. Gendall by 071 689 7616.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button