Lesley van Tonder sterf
Die roudiens was Maandagoggend vanuit die N.G. Kerk se Moedergemeente.
BETHAL – Me. Lesley van Tonder (54) is verlede Dinsdag in die Mediclinic Highveld na ‘n kort siekbed dood.
Me. Van Tonder was die enigste dogter van wyle mnr. Justus en me. Martie Church.
Sy was ‘n boekhouer van beroep wat jare gelede saam met haar ma begin werk het.
Na haar ma se dood, het me. Van Tonder die onderneming oorgeneem.
Die roudiens was Maandagoggend vanuit die N.G. Kerk se Moedergemeente.
Me. Van Tonder laat haar man, Thys, en kinders, Lee en Lee-Ann, asook kleinkinders na.
Haar familie het haar beskryf as ‘n liefdevolle ma en ouma, wat baie omgegee het vir haar familie en haar medemens.
‘n Goeie vriend van die familie het haar soos volg beskryf: “Sy was altyd in kontak met almal en het op daardie manier almal bymekaar gebring.”



