Andries wen hengelprojek
Die Boltons Hengelprojek is ’n jaarlikse inisiatief wat ten bate van Bethal Sopkombuis aangebied word.
BETHAL – Andries Botha was op Saterdag, 17 Januarie die algehele wenner van die Boltons-hengelprojek.
Hy het die grootste karp van 5.14kg gevang en sy span het ook met 71 visse gewen.
Johny Labuschagne het ’n tweede plek behaal met ’n karp van 4.98kg en A.W Prinsloo ’n derde plek met ’n karp van 4.94kg.
Anzel Prinsloo is as die vrou wat die grootste karp gevang het, aangewys.
Vian Swanepoel het die grooste karp in die seniorafdeling gevang.
Hengelaars kon van soggens af begin lyne natmaak.
Die projek is ’n jaarlikse inisiatief wat ten bate van Bethal Sopkombuis begin is en die projek beleef jaarlikse groei.
Vir meer inligting, skakel mnr. Te Water by 082 388 0082.



