Mans hardloop straataf met gesteelde motorfiets
’n Tweewielmotorfiets is vroegoggend op 26 Januarie in Kroghstraat gesteel.
’n Tweewielmotorfiets is vroegoggend op 26 Januarie in Kroghstraat gesteel.
“Ons het ’n oproep van ’n inwoner omstreeks 4vm ontvang,” het mnr. Jannie Kasselman van Kasselman Veiligheidsdienste gesê.
“Die inwoner het gesê dat hy vroeg wakker geword en gesien het dat vyf mans ’n motorfiets in die pad afstoot.”
Volgens mnr. Kasselman was hulle beamptes binne vyf minute op die toneel, maar daar was geen teken van die mans of motorfiets nie.
“Die eienaar van die fiets het ’n saak by die Standerton Polisie oopgemaak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het lt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, gesê.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



