EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Dansers berei hulself voor

’n Besige jaar lê vir akrobatiese dansers voor.

BETHAL – ’n Groot jaar lê vir die 75 akrobatiese dansers van Lorraine de Vos se dansskool voor.

Die dansers gaan vanaf 16 tot 21 Maart hul eksamens doen en dan volg die klubkampioenskappe .

Die Mpumalanga Streekkampioenskappe vind vanaf 29 tot 30 Mei op Secunda plaas en dansers wat daar provinsiale kleure verwerf, dring deur na die interprovinsiale kampioenskappe (halwe erekleure) en nasionale kampioenskappe (volle erekleure).

Dit vind vanaf 13 tot 20 Junie in Pretoria plaas en al nege provinsies neem daaraan deel.

Die kunsfees, Lochali Akrobate Kunswedstryd wat me. De Vos jaarliks aanbied, vind vanaf 2 tot 6 Oktober by die Johannes Stegmann Teater op Secunda plaas.

Volgens me. De Vos word daar ’n wye verskeidenheid danse op die planke gebring soos solo’s, karakterduette, trios, groepe en sang- en dansitems.

“Op versoek van ander dansskole, wil die modern dansers, tapdansers en hip hop-dansers ook by die kunsfees inskakel en ons sal ons bes doen om hulle te huisves,” het me. De Vos gesê.

By die jaarvergadering het die Akrobate Federasie van Suid-Afrika (AFSA) besluit dat daar een groot kunsfees jaarliks gaan plaasvind en al nege provinsies gaan ’n beurt kry om dit aan te bied.

“Mpumalanga het die eer gekry om die kunsfees vanjaar aan te bied,” het sy gesê.

Die fees gaan vanaf 7 tot 10 Oktober by die Johannes Stegmann Teater plaasvind.

Die dansskool nooi die publiek om deel van die pret te wees.

Dit beloof om groot vermaak te wees.

“Kom beleef hoe die dansers hul harte uit dans,” het sy gesê.

Kaartjies sal by die deure te koop wees.

Skakel me. De Vos by 082 394 3006.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button