EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Fotograwe kry sertifikate van meriete

Belangstellendes kan by klub aansluit.

SECUNDA – Lede van die Hoëveldse Fotografieklub het op Vrydag, 13 Februarie vergader en die wenners van hul maandelikse kompetisie is mnr. Jaco Linde onder die junior fotograwe met sy foto 2015 Graceland celebrations, me. Lize Hill onder die senior fotograwe met haar foto Catch that Bat en dr. Leon Pelser in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto Serious Teamwork.

Al drie die fotograwe het ook sertifikate van meriete vir hul foto’s gekry.

Me. Hill het met haar foto The Broken Soul nog ’n sertifikaat vir meriete in die veranderde realiteitsafdeling gekry en me. Sandra van Heerden met haar foto Water Lady, het ook ’n sertifikaat van meriete in dieselfde afdeling gekry.

Die fotograwe wat sertifikate van meriete in die natuurvoëlafdeling gekry het, is mnr. Pierre Jordaan met sy foto Kleindobbetjie met Vis, mnr. John Mullineux met sy foto Tern in Flight, mnr. Martin Kruger met sy foto Visarend, mnr. Schalk Coetzee met sy foto Landing en me. Hester Griessel met haar foto Witkeelswaeltjie.

In die landskapafdeling het die volgende fotograwe sertifikate van meriete gekry: mnr. Linde met sy foto Drankensberg, mnr. Encee van Huyssteen met sy foto Driftwood en dr. Pelser met sy foto The Caprivi.

Die fotograwe wat sertifikate van meriete in die natuurafdeling gekry het, is me. Hill met haar foto Crabspider with Bee, mnr. Hanno de Beer met sy foto Europese Groenbottelvlieg, mnr. Martin Kruger met sy foto Ou Grote, me. Sandra van Heerden met haar foto Rooikat, mnr. Hennie Bestbier met sy foto Skittish Black Rhino, mnr. SP Smith met sy foto Squat, dr. Pelser met sy foto The Locust, mnr. James Harris met sy foto’s Vine Snake en Kiss of Death, mnr. Mullineux met sy foto Big and Small en mnr. JR Coetzer met sy foto’s Ek Sien Jou en Ek Kom Vir Jou.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete in die veranderde realiteitsafdeling gekry het, is mnr. Piet Potgieter met sy foto De Voetpadkloof, mnr. Jordaan met sy foto Kite Surfer, mnr. Johan Coetzee met sy foto Kuil en Kant, dr. Pelser met sy foto Self Medication, mnr. Mullineux met sy foto Serious Stretch, me. Van Heerden met haar foto Tall and Small Mono, mnr. Harris met sy foto’s Warrior Man en Old Man, mnr. Potgieter met sy foto Amalia, mnr. Kruger met sy foto Anderkant die Blou Berge, mnr. Coetzee met sy foto Emma, mnr. Linde met sy foto Sandstone Formations en mnr. Jeff Mostert met sy foto Geel Vink.

Die fotograwe wat sertifikate van meriete in die fotojoernalistieke afdeling gekry het, is mnr. Jordaan met sy foto Gerrit Klopper in Renault Clio, mnr. Coetzee met sy foto Hard Braking, dr. Pelser met sy foto Hostage Drama en mnr. Danie Smit met sy foto Seaside Rendezvous.

Die fotograwe wat sertifikate van meriete in die voorgeskrewe onderwerpafdeling gekry het, is mnr. Hannes Griessel met sy foto Almost There, mnr. Potgieter met sy foto Fireman’s View, mnr. Harris met sy foto Sasol Firefighting, me. Hill met haar foto Save Him 2 en mnr. Linde met sy foto Teamwork.

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer op Vrydag, 13 Maart om 6.30nm in die rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. Harris by 082 903 1926.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button