Dorp verloor DA-raadslid
Mnr. Mark de Waal is op 17 Februarie oorlede.
Die DA-raadslid, mnr. Mark de Waal, is op 17 Februarie oorlede.
Hy was die voorsitter van die DA-koukus in die Gert Sibande Munisipaliteit.
Dié kundige in arbeidsreg was by Charmaine Cowley Prokureurs werksaam en het in die verlede sy kennis met lesers deur sy bydraes in die Standerton Advertiser gedeel.
“Hy was ‘n vasberade prokureur en het dié eienskap na die politiek gebring,” het mnr. Rosier de Ville, hoofsweep van die DA, gesê.
Hy word deur sy vrou, Dina, en sy twee dogters oorleef.
Die begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805



