Onderonsie onder Bethal-skoolseuns dadelik opgelos
“Die saak is saam met die ouers en leerlinge opgelos en daar was geen rassisme betrokke nie,” het mnr. Andries Storm, adjunkhoof, gesê.
BETHAL – Mnr. Andries Storm, adjunkhoof van Hoërskool Hoogenhout, het dit duidelik gestel dat daar geen rassistiese voorval op Vrydag, 20 Februarie by die skool gebeur het nie.
Volgens ouers van eMzinoni, het seuns van verskillende rasse mekaar gebyt en toe hulle die hoof oor die saak ingelig het, was hy glo ongeskik.
“Dit is egter glad nie wat gebeur het nie,” het mnr. Storm gesê.
Hy het gesê dat mnr. Danie Grobler, skoolhoof, glad nie by die skool was nie en dat hy die saak hanteer het.
“Daar was ’n onderonsie tussen seuns, maar dit is dadelik uitgesorteer.”
Volgens hom was die ouers by hom en was niemand met hulle ongeskik gewees nie.
“Die saak is saam met die ouers en leerlinge opgelos en daar was geen rassisme betrokke nie,” het hy gesê.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



