Hoërskool Secunda triomfeer
Hoërskool Hoogenhout-atlete wen 15 van 24 bekers
SECUNDA – Hoërskool Secunda het vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis die Hoëveld Interhoëratletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 21 Februarie by Secunda Stadion plaasgevind het, gewen.
Dié skool het verlede jaar tweede geëindig en vorige jare derde.
Hoërskool Secunda het vanjaar die interhoër aangebied en ander skole wat deelgeneem het, is Hoërskool Standerton, Hoërskool Ermelo, Hoërskool Ligbron, Hoërskool Hoogenhout, Hoërskool Volksrust, Hoërskool Piet Retief en Hoërskool Generaal Hertzog.
Hoërskool Secunda se algehele punte was 563, gevolg deur Hoërskool Ermelo wat tweede geëindig het met 511 punte en Hoërskool Standerton wat derde geëindig het met 491 punte.
Onder die seuns het Hoërskool Secunda ook eerste geëindig met 287 punte, Hoërskool Hoogenhout was tweede met 250 punte en Hoërskool Standerton was derde met 220 punte.
* Hoërskool Ermelo se dogters het die meeste punte (298) aangeteken met Hoërskool Secunda kort op hul hakke met 276 punte en Hoërskool Standerton derde met 271 punte.
Hoërskool Secunda het in totaal 88 medaljes ingepalm waarvan 32 goud, 37 silwer en 19 brons is.
Hoërskool Ermelo het 73 medaljes gekry waarvan 30 goud, 23 silwer en 20 brons is, terwyl Hoërskool Standerton 66 medaljes ingepalm het, waarvan 24 goud, 26 silwer en 15 brons is.
* Hoërskool Hoogenhout het in total 65 medaljes ingeryg waarvan 30 goud, 20 silwer en 15 brons is en Hoërskool Ligbron 44 medaljes waarvan 7 goud, 13 silwer en 24 brons is.
* Hoërskool Volksrust het 29 medaljes ingepalm, waarvan sewe goud, nege silwer en 13 brons is en Hoërskool Generaal Hertzog 26 medaljes waarvan vier goud, sewe silwer en 15 brons is.
* Hoërskool Piet Retief het 24 medaljes gekry, waarvan vier goud, ses silwer en 14 brons is.
* Hoërskool Secunda se atlete wat presteer en top toekennings behaal het, is Lolla Mokoena.
Sy is die beste junior naelloopatleet onder die dogters, asook die beste junior hekkiesatleet en die junior Victrix Ludorum.
Leandri Lamprecht is die beste senior worpedogter en Juan Kotze is die beste worpeseun onder die senior atlete.
* Hoërskool Hoogenhout het die bekers en trofees ingeryg en hul atlete het met 15 van die 24 bekers weggestap.
Hulle het ook die geesbeker, die sangbeker en die beker vir die beste dirigente vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen.
Hoogenhout se atlete wat presteer en bekers gewen het, is Hendrik Susan wat as die senior Victor Ludorum aangewys is, Gerrie Erasmus wat as die junior Victor Ludorum aangewys is en Inge van der Merwe wat as die senior Victrix Ludorum aangewys is.
Hoogenhout se ander atlete wat trofees gewen het, is Jaun Pretorius wat die beste spronge-atleet onder die junior seuns is, Manqoba Nkosi wat die beste spronge-atleet onder die senior seuns is, Franci Lourens wat die beste spronge-atleet onder die junior dogters is, Danielle Human wat die beste middelafstande-atleet onder die junior dogters is, Albertus Richter wat as die beste middelafstande-atleet onder die senior seuns aangewys is, Gerrie Erasmus wat die beste naellope-atleet onder die junior seuns en die beste middelafstande-atleet onder die junior seuns is, Hendrik Susan wat as die beste naellope-atleet onder die senior seuns en die beste hekkiesatleet aangewys is en Inge van der Merwe wat as die beste naellope-atleet onder die senior dogters, die beste hekkiesatleet en die beste spronge-atleet aangewys is.
Hoërskool Hoogenhout se atlete het sewe rekords vir die dag verbeter.
Dié atlete is Gerrie Erasmus (400m vir S0/15), Hendrik Susan (400m-hekkies vir S0/17), Danielle Human (400m vir D0/15), Marizelle Cornelius (gewigstoot en spiesgooi vir D0/16) en Inge van der Merwe (100m en 100m-hekkies vir D0/16).
Uit die 10 beste prestasies vir seuns en dogters het die eerste ses seunsposisies aan Hoogenhout behoort en vyf van die 10 posisies vir dogters het ook na Hoogenhout gegaan.
PAN style=”BACKGROUND-COLOR: yellow”>Hoërskool Standerton derde met 220 punte.
Hoërskool Ermelo se dogters het die meeste punte aangeteken en het 298 punte behaal met Hoërskool Secunda kort op hul hakke met 276 punte en Hoërskool Standerton derde met 271 punte.
Hoërskool Secunda het in totaal 88 medaljes ingepalm waarvan 32 goud, 37 silwer en 19 brons is.
Hoërskool Ermelo het 73 medelajes gekry waarvan 30 goud, 23 silwer en 20 brons is terwyl Hoërskool Standerton 66 medaljes waarvan 24 goud, 26 silwer en 15 brons is.
Hoërskool Hoogenhout het in total 65 medaljes ingeryg waarvan 30 goud, 20 silwer en 15 brons is en Hoërskool Ligbron het 44 medaljes waarvan 7 goud, 13 silwer en 24 brons is, gekry.
Hoërskool Volksrust het 29 medaljes waarvan sewe goud, nege silwer en 13 brons is, gekry en Hoërskool Generaal Hertzog het 26 medaljes waarvan vier goud, sewe silwer en 15 brons is, gekry.
Hoërskool Piet Retief het 24 medaljes waarvan vier goud, ses silwer en 14 brons is, gekry.
Hoërskool se atlete wat presteer het en top toekennings behaal het is Lolla Mokoena, sy is as die beste junior naelloop atleet onder die dogters asook beste junior hekkies-atleet en as die junior Victrix Ludorum vir die dag aangewys, Leandri Lamprecht is as die beste senior worpe-dogter aangewys en Juan Kotze is as die beste worpe-seun onder die senior atlete aangewys.
Hoërskool Hoogenhout het die bekers en trofees ingeryg en hulle atlete het met 15 van die 24 bekers weggestap.
Hulle het ook die geesbeker, die sangbeker en die beker vir die beste dirigente gewen vir die tweede jaar in ’n ry.
Hoogenhout se atlete wat presteer het en bekers gewen het is Hendrik Susan wat as die senior Victor Ludorum aangewys is, Gerrie Erasmus wat as die junior Victor Ludorum aangewys is en Inge van der Merwe wat as die senior Victrix Ludorum aangewys is.
Hoogenhout se ander atlete wat trofees gewen het is Jaun Pretorius wat as die beste spronge-atleet onder die junior seuns aangewys is, Manqoba Nkosi wat as die beste spronge-atleet onder die senior seuns aangeys is, Franci Lourens wat as die beste spronge-atleet onder die junior dogters aangewys is, Danielle Human wat as die beste middelafstande-atleet onder die junior dogters angewys is, Albertus Richter wat as die beste middelafstande-atleet onder die senior seuns aangewys is, Gerrie Erasmus wat as die beste naelope-atleet onder die junior seuns en as die beste middelafstande-atleet onder die junior seuns aangewys is, Hendrik Susan wat as die beste naellope-atleet onder die senior seuns en die beste hekkiesatleet aangewys en Inge van der Merwe wat as die beste naellope-atleet onder die senior dogters, die beste hekkiesatleet en die beste spronge-atleet aangewys is.
Hoërskool Hoogenhout se atlete het sewe rekords vir die dag verbeter, dié atlete is Gerrie Erasmus (400m S0/15), Hendrik Susan (400m hekkies S0/17), Danielle Human (400m D0/15), Marizelle Cornelius (gewigstoot en spiesgooi D0/16) en Inge van der Merwe (100m en 100m hekkies D0/16).
Uit die tien beste prestasies vir seuns en dogters het die eerste ses seunsposisies na Hoogenhout gegaan en vyf van die 10 posies vir dogters het ook na Hoogenhout gegaan.
Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 29C64351
WhatsApp – 082-611-3867



