Vermaak vir die hele gesin by Laerskool Secunda se Potfees
Irene-Louise van Wyk, Chris Steyn en Eloff gaan die verhoog aan die brand sing.
Die potte – én vermaak – gaan dié naweek by Lake Umuzi kook.
Laerskool Secunda bied op 31 Oktober die Potfees by Kamp Oase aan met vermaak vir oud en jonk.
Die program begin om 10:00 met trompoppievertonings terwyl die potte by die potjiekoskompetisie rustig prut.
‘n Modelkompetisie met ‘n tema is ook vir die Potfees beplan. Dié prettige kompetisie is oop laer- en hoërskool leerders wat optof volgens die tema “ Trek jou beste Boerpakkie aan”.
Ander kindervermaak sluit in gesigverf, speletjies, perdry, boeresport en springkastele.
Besoekers kan allerlei stalletjies verwag, smul aan eetgoed en net lekker kuier.
Irene-Louise van Wyk tree om 13:30 op, Chris Steyn is om 16:30 op die verhoog en Eloff sluit die fees af met ‘n optrede om 19:00.
Toegangkaartjies is R150 elk. Kinders onder 12 jaar betaal R100 en kleingoed onder twee jaar kan gratis ingaan.
Vir meer inligting, skakel Sami op 060 610 5334.



