EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Annika ’n model van formaat

Model is opgewonde oor die Face by Style-kompetisie.

SECUNDA – Me. Annika Vollgraaff (22) is die enigste finalis van Secunda wat gekies is vir die Face by Style-modelkompetisie wat op 22 Maart op Kemptonpark plaasvind.

Agt finaliste is landwyd gekies en word op hul persoonlikheid en voorkoms beoordeel.

Die Face by Style-kompetisie is oorspronklik ’n bemarkingsmiddel van die modelmaatskappy Style by Angelique wat onlangs op die been gebring is.

’n Nuwe model word jaarliks gekies om Style by Angelique te adverteer deur middel van produkte en fotosessies.

Me. Vollgraaff is ook ’n model by die Jenesaisquoi Modelskool en is tans besig met klasse.

Haar passie het op skool begin en sy het aan baie modelkompetisies deelgeneem om naam te maak en selfvertroue op te bou.

Sy raak steeds senuweeagtig as sy op ’n loopplank voor ’n skare mense verskyn en volgens haar is dit elke keer ’n nuwe ondervinding.

Haar ma, me. Elize Vollgraaff, is haar rolmodel en ondersteun haar in alles wat sy aanpak.

Me. Elize Vollgraaff het verlede jaar haar gasvryheidstudies voltooi en werk tans tydelik by Graceland om ondervinding op te doen.

“Modelwerk is vir my ’n stokperdjie en ek geniet dit om nuwe mense te ontmoet.”

Sy gebruik die kritiek wat sy van beoordelaars ontvang, om aan haar swak punte te werk en om perfeksie na te streef.

Me. Vollgraaff en haar ma neem aan modelkompetisies deel en vir haar ma is dit ’n nuwe uitdaging.

“As ’n mens van binne mooi is, dan straal jou uiterlike skoonheid,” het me. Vollgraaff gesê.

Sy is opgewonde oor die kompetisie en hoop sy kan as een van die top vyf finaliste wegstap.

Die publiek se stem is een van die belangrikste aspekte van die kompetisie en beoordelaars is daarop ingestel dat die finaliste ’n gunsteling onder hul aanhangers is.

As jy vir me. Vollgraaff wil stem, gaan hou van die Facebookblad StylebyAngelique.

 

For free breaking and community news, visit our websites:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

Like our Facebook page and follow us on Twitter.

For news straight to your phone invite us:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button