Die Straatligkinders by Graceland te sien
Kaartjes kos R80 by Graceland Casino.
SECUNDA – Die Straatligkinders en Moses Metro Man tree op Saterdag, 21 Maart om 7nm by Graceland Casino op.
Kaartjies kos R80 en is by Graceland beskikbaar.
Die Straatligkinders is ’n groep van Potchefstroom wat in 2006 gestig is.
Hulle het in 2007 ’n kompetisie by die Oppikoppi Fees gewen deur stemme van die publiek en was ook op die televisiekanaal MK89 te sien.
Hulle het ook in 2007 hul eerste vollengte album, Bloeisels, vrygestel.
Moses Metro Man of MMM is ’n rockgroep wat saamgestel is uit lede van die groepe Winterstasie, Straatligkinders en die Rottweilers.
Dié groep is in 2010 gevorm en het al twee albums bekendgestel.
- Vir meer inligting, skakel Graceland by 017 620 1000.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



