Local newsNews

Fotograwe ding mee

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer Vrydag, 10 April om 6.30nm in die rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

SECUNDA- Me. Sandra van Heerden se foto, Perth Skyline, was die beste foto in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveldse Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 13 Maart.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto gekry.

Mnr. Johan Coetzee se foto, Vingertjie, wat hy in die pikturale afdeling ingeskryf het, was die beste onder die senior fotograwe en mnr. Koos Janse van Vuuren se foto, Hole in the Wall at Night, wat hy in die landskapafdeling ingeskryf het, was die beste onder die junior fotograwe.

Die ander fotograwe wat presteer en serfitikate van meriete ontvang het, is mnre. Coetzee met sy foto Feeding Restrictions en SP Smith met sy foto, Rooipootvalkie, in die natuurvoëlafdeling.

Mnr. James Harris het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Dampie, in die pikturale afdeling gekry en mnr. Danie Smit ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Wolkesprong, in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer Vrydag, 10 April om 6.30nm in die rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Vir meer inligting, skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button