Party bied ’n helpende hand
Lede van die DA het onlangs weer die stopteken in Bangleystraat opgerig en moedig Bethallers aan om vir hulle te sê waar daar nie stoptekens is nie.
BETHAL – Stoptekens is deesdae ’n probleem op dié dorp, want as hulle nie gesteel word nie, word hulle omgery of verniel.
Inwoners het al op straatligpale die woord stop geverf om ander motoriste in te lig dat daar gestop moet word.
Lede van die DA het onlangs weer die stopteken in Bangleystraat opgerig en moedig Bethallers aan om vir hulle te sê waar daar nie stoptekens is nie.
Meld dit aan by me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, by 060 491 7038.
Die Govan Mbeki Munisipaliteit het nog nie kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590