Editor's choiceLocal newsNews

Kuriaké bied jou ’n tweede kans

Dwelm- en drankverslaafdes kry hulp.

BETHAL – Kuriaké, Huis van Restorasie, wat deur past. Walter Stander en sy vrou, me. Theresa Stander, gestig is, het onlangs nog ’n tak op die N17-snelweg tussen Secunda en Bethal geleë op die plaas Rustfontein oopgemaak wat hoofsaaklik ’n rehabilitasiesentrum vir dwelm- en alkoholmisbruik is.

Enige vorm van verslawing word in hierdie sentrum hanteer.

Die tak groei vining en nog 70 beddens is beskikbaar.

Kuriaké is ’n nie-winsgewende organisasie en maak gebruik van die gemeenskap se ondersteuning.

Die egpaar is dankbaar vir die hulp en bystand wat reeds deur die gemeenskap gegee word.

Die verslaafdes ondergaan ’n vier fase program wat oor nege maande strek, afhangend van die groei van die individu.

Die eerste fase is om die verslaafdes te stimuleer sodat hulle van hul ontrekkingsimptome skoon kan kom.

Die belangrikste fase is die tweede fase waartydens hulle die oorsprong van die problem identifiseer en oplos.

Tydens die derde fase, die rentmeesterskapfase, word hulle geleer hoe om konflik- en krisishantering toe te pas, asook om hulle werkgereed te kry.

Familie en vriende se ondersteuning speel ’n groot rol.

In die vierde fase word hulle gehelp om ’n vaste werk te bekom en só te leer om finansieel sterk te word.

Kuriaké maak gebruik van subkontrakwerk waarvan Directech in Randburg een is.

Indien ’n individu ’n permanente aanstelling het en negatief toets vir enige verbode middel oor ’n tydperk van ses maande, word die persoon tydelik uitgeboek, maar Kuriaké behou die reg om vir ’n verdere twee jaar opvolg dwelmtoetse te doen.

Die nasorgprogram maak ook voorsiening vir die bystand en ondersteuning van al die partye betrokke.

Projekte wat tans op die plaas bewerkstellig word, is die grootmaak van beeste, bouwerk en plaaspatrollies vir misdaadvoorkoming en landbou.

Vir meer inligting, skakel past. Stander by 076 490 1759.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button