Goedehoop-atlete presteer
Nicolien Jansen van Rensburg eindig tweede in spiesgooi vir D0/13.
SECUNDA – Atlete van Laerskool Goedehoop het goed gevaar by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe wat vanaf 20 tot 21 Maart in Germiston plaasgevind het.
Nicolien Jansen van Rensburg het tweede in die spiesgooi vir D0/13 geëindig en Rheeder du Preez was vyfde in die uitdunne in die 80m vir S0/10 en agtste in die halfeindronde in die 100m.
Michelle Parkes was vyfde in die eindronde van die 1 200m vir D0/11, Tiaan Barkhuizen het aan die hoogspring vir S0/11 deelgeneem en in die eindronde uitgeval en JP Booysen het aan die 80m-hekkies vir S0/13 deelgeneem en in die uitdunronde uitgeval.
Nicole Lindeque het 10de in die eindronde van die spiesgooi vir D0/12 geëindig en Junior Mokheseng was sesde in die eindronde van die 800m vir S0/13 en negende in die eindronde van die 1 500m.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 074887759



