Anthony Mogee werk aan sangloopbaan
Sanger doen graag optredes.
SECUNDA – Anthony Mogee (23) het reeds naam gemaak as ’n sanger op Vanderbijlpark waar hy net op sy musiekloopbaan gefokus het.
Hy en me. Sharon Mogee en hul twee kinders, Dianté en Diano, woon al bykans ses maande op Secunda omdat Anthony werk hier gekry het.
Hy werk voltyds as logistieke bestuurder en sing by troues en ander funksies in sy vrye tyd.
Hy tree ook as seremoniemeester en DJ op.
Countrymusiek en goue oues is sy gunsteling liedjies en hy wil graag ’n CD vrystel, maar het borge nodig om dit te doen.
“Vir my is musiek ’n liefde en ’n passie,” het hy gesê.
Anthony was 16 toe hy begin sing het en is al vir sewe jaar in die bedryf.
Neil Diamond, Steve Hofmeyr en Allan Jackson is van die sangers wat hom inspireer.



