Local newsLocal sportNewsSport

Jagters skiet vir groot pryse

Die Kosmostak van die S.A. Jagtersvereniging het op 11 April ’n veldskietdag op die plaas Höningvallei buite Perdekop gehou.

Die Kosmostak van die S.A. Jagtersvereniging het op 11 April ’n veldskietdag op die plaas Höningvallei buite Perdekop gehou.

Altesaam 136 skuts van Secunda, Ermelo, Volksrust, Vrede, Reitz, Heidelberg, Standerton en Balfour het deelgeneem.

Sandra de Jager van Reitz was die wenner van die gelukkige trekking en het ’n Musgrave-jaggeweer, ter waarde van R18 000, losgeslaan.

Die skuts het op ses bane geskiet waarvan vier ghong- en twee papierteikenbane was.

Hulle het vanaf verskillende afstande geskiet naamlik 334m (verste) en 85m (kortste).

Piet van den Heever, Pieter Ackerman, Elize van den Heever en Tevern Venter van die Laeveld Ermelo-span het die kompetisie gewen.

In die tweede plek was die span van Volksrust bestaande uit Bertus Burgers, Wynand Greyvenstein, Tobie Oosthuizen en Roedolf Cronjé.

Die “Clueless”-span van Standerton bestaande uit Christo en sy seun Xander Bailey, Johan Smit en Chris Naudé het die derde plek behaal.

Die “Four non blonds” wat uit Liza Smit, Celeste Bailey, Andrea Naudé en Sanet Schoeman bestaan het, het die vroue-afdeling gewen.

Die volgende skietdag is op 16 Mei by die Evert Genis-skietbaan.

Skakel Ewald Eksteen by 082 440 0259.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button