EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Hanno en Johan neem beste foto’s by Hoëveld Fotografieklub

Klub vergader weer op 8 Mei by Sasol Ontspanningsklub.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydag, 10 April byeengekom en hul beste foto’s ingeskryf.

Die beste fotograaf onder die juniors was mnr. Hanno de Beer met sy foto, Tender Snails in die pikturale afdeling, en die beste fotograaf onder die seniors was mnr. Johan Coetzee met sy foto Emma, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Beide dié fotograwe het ook meriete sertifikate ontvang.

Die ander fotograwe wat meriete sertifikate ontvang het, is me. Lize Hill in die veranderde realiteitsafdeling en die pikturale afdeling met haar foto’s Capture en Save him 2, me. Sandra van Heerden in die veranderde realiteitsafdeling, die natuurvoëlafdeling en die landskapafdeling met haar foto’s Colour in 1M, Bruinslangarend en Kokerboomwoud, mnr. Pierrie Jordaan in die natuurvoëlafdeling met sy foto Groot Rooiborssuikerbekkie en dr. Leon Pelser in die fotojoernalistieke afdeling met sy foto Proudly South African.

Die Hoëveldse Fotografieklub vergader weer op Vrydag, 8 Mei om 6.30nm in die rolbalklub se saal by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Skakel mnr. James Harris by 082 903 1926.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button