Editor's choiceLocal newsNews

Oom Billy Lyons sterf

Oom Billy Lyons sterf na lang siekbed.

Oom Billy Lyons (85) is onlangs nadat hy twee en ’n half jaar bedlêend was, oorlede.

Dié gesiene boer en sakeman het diep spore in die Standerton-gemeenskap getrap.

Benewens sy betrokkenheid by verskeie skole op die dorp, het hy ook op geloofsvlak ’n aktiewe rol by die kerkraad in sy gemeente gespeel.

Sy eerste vrou, Frances, is in 2002 oorlede en hy het daarna met Marie van der Linde in die huwelik getree.

Volgens sy seun Frikkie is hy in die Standertonse Ouetehuis met soveel liefde versorg.

“My pa het altyd gesê dat jy ’n probleem moet aanpak en dan is dit nie meer ’n probleem nie,” het Frikkie gesê.

Oom Billy word oorleef deur sy gade, sy kinders, Tombie, Frikkie, Mollie en Frans, en agt kleinkinders en drie agterkleinkinders.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button