Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Michael wen portretafdeling

Die ‘gogo’ se hele gesig is skerp gefokus en die beligting en detail op haar oë is baie goed gedoen.

Landskapfotografie is die volgende afdeling van die Ibis se fotokompetisie.

Dié foto’s behoort mens te herinner aan ons verbintenis met die natuur en jou aan te moedig om gereeld diep asem te haal en die omvang daarvan in te drink.

Landskapfoto’s kan die krag en kwesbaarheid van die natuur uitbeeld, die ruwe skoonheid van die wildernis met die aarde se behoefte na bewaring en koestering.

Handig jou foto in by Burgerstraat 13B waar dit afgelaai sal word.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie sal later bekendgemaak word.

Michael Truter met sy foto van die “gogo” is die wenner van die portretafdeling.

Volgens die beoordelaar, Leon Drotsky wat voorsitter van die Ermelo Fotoklub is en self ’n hoog aangeskrewe fotograaf is, is dit ’n pragtige foto.

“Die ‘gogo’ se hele gesig is skerp gefokus en die beligting en detail op haar oë is baie goed gedoen.”

Die agtergrond is mooi aan die een kant geplaas en gee die totale prentjie waar sy bly of werk.

Baie geluk, Michael, kom haal gerus jou prysgeld.

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button