Editor's choiceLocal newsNews

Secunda-boesemvriende sterf saam

Gedenkdiens het Vrydag, 8 Mei by N.G. Kerk se Oosgemeente plaasgevind.

SECUNDA – Twee boesemvriende is Sondag, 3 Mei tussen Thabazimbi en Bela Bela opslag dood in ’n ongeluk.

Mnre. Edniël Nieuwoudt (35) en Dawie Nienaber (38) was vanaf ’n jagtog terug op pad huistoe, toe die ongeluk gebeur het.

Na wat verneem word, het die bakkie op ’n draai op gruis gegly, gerol en ’n boom getref.

Mnr. Nieuwoudt was die eienaar van Patlyn, terwyl mnr. Nienaber Nipro besit het.

Albei het hul hoërskoolloopbane aan Oosterland Hoërskool voltooi.

Mnr. Nieuwoudt se familie het hom as ’n trotse mens beskryf.

“Hy wou van alles in sy lewe ’n sukses maak en was iemand wat altyd bereid was om ander te help.

“Hy was ons rots en steunpilaar en sy ma se motiveerder,” het hulle gesê.

Mnr. Nienaber se pa, André, het sy seun as baie voorbeeldig beskryf en gesê dat hy baie lief vir die buitelewe was.

’n Gesamentlike roudiens is Vrydag in die N.G. Kerk se Oosgemeente onder leiding van ds. H. Reinicke, gehou.

Mnr. Nieuwoudt laat sy vrou Tammy-Lou, sy dogter Teneal (7), sy seuns Thyler en Tristen, asook sy ouers, mnr. Danie en me. Marianna Nieuwoudt, en sy suster Elret na.

Mnr. Nienaber laat sy vrou Candice, twee seuns Jason en Ryan, sy ouers mnr. André en me. Adele Nienaber, en sy broer André na.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button