Editor's choiceLocal newsNews

Bethallers sterk aan na Windhoek-aanval

Egpaar dankbaar hulle het oorleef.

BETHAL – Mnr. Larry (67) en me. Ida Ryan (66) wat tydens hul vakansie in Windhoek aangeval is, is terug by die huis.

Mnr. Ryan het ’n nood-breioperasie in die MediClinic Windhoek ondergaan en was vir 25 dae lank in die hospitaal.

“Dit gaan goed,” het me. Ryan gesê

Mnr. Ryan mag nie motor bestuur nie en werk ook nog nie.

“Ek moet rus,” het hy gesê

Volgens me. Ryan kon haar man verlede week nie gepraat het nie en kon glad nie sy regterhand gebruik nie.

Na wat verneem word, was mnr. Ryan verlede week by die hospitaal en het gehoor dat hy aan verbygaande isogemiese isodense ly weens ’n nekaar wat vernou het.

“Dit beteken dat hy aan die simptome van ’n beroerte ly, al het hy nie een gehad nie.”

Daar is glo nog bietjie vog en swelsel wat tyd gaan neem om te herstel.

Die egpaar besoek weekliks ’n fisioterapeut vir rehabilitasie.

Me. Ryan se wond is besig om stadig, maar seker gesond te word.

“Ek sukkel net om goed vas te hou.”

Volgens haar sukkel mnr. Ryan nog met sy balans.

Sy het ook gesê dat die pad na herstel nog lank is.

“Ek is net bly ek het nie alleen teruggekom nie en ek is dankbaar dat God ons bewaar het,” het sy gesê.

Volgens die egpaar sal hulle Windhoek weer besoek en is hulle vir nou net bly om by die huis te wees.

Hulle wil ook almal wat hulle tydens die slegte tyd ondersteun het, bedank.

“Mense van regoor die land het gebel, gesms en vir ons gebid.”

Mnr. Larry Ryan na die operasie.
Mnr. Larry Ryan na die operasie.

 

Lees ook hier:https://www.citizen.co.za/ridge-times/34157/bethal-egpaar-wreed-aangerand-in-windhoek/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button