Local newsNewsSASOL

Plaasbewoner vra Sasol-myne se hulp

Mnr. Mahlangu en sy gesin is een van vele inwoners wat dieselfde probleem ondervind.

TRICHARDT – ’n Ou plaashuis is besig om stuk-stuk in duie te stort weens mynskagte wat inmekaar tuimel weens die skiet van dinamiet.

Mnr. Moses Mahlangu (71) en sy gesin wat al vir bykans 10 jaar op ’n plaas buite Trichardt woon, is raadop nadat die helfte van sy huis en meubels onlangs beskadig is.

Hy het op Vrydag, 1 Mei sy pensioen gaan haal en met die terugkomslag, ’n ruk gaan sit en rus.

Hy het ’n harde slag gehoor en gesien hoe ’n gedeelte van sy huis ineenstort.

Mnr. Mahlangu vrees dat een van sy gesinslede gaan seerkry omdat dit nie die eerste keer is dat dit gebeur nie.

Sy vrou sukkel om te loop en hy is bang om haar alleen op die plaas te los.

Myne in die omgewing skiet glo kort-kort dinamiet om van ou mynskagte ontslae te raak.

Die probleem is reeds verskeie kere aan die myne oorgedra, maar nog niemand het by die plaas opgedaag nie.

Die plaashuis is op ’n mynskag geleë en as mnr. Mahlangu en sy gesin saans slaap, voel dit of alles rondom hulle skud.

“Dit voel soos ’n aardbewing.”

Die huis se fondasie val uitmekaar, die mure en vensters kraak en hulle ondervind gedurig kragonderbrekings.

Mnr. Mahlangu en sy gesin is een van baie gesinne wat geraak word.

Hy het gesê dit is nie sy verantwoordelikheid om sy huis in stand te hou nie en hy het die myn gevra om na die skade te kom kyk.

“Nog niemand het seergekry nie, maar dit is net ’n kwessie van tyd,” het mnr. Mahlangu gesê.

Sasol se myne het geen aandeel in die dinamiet wat gebruik word om ou mynskagte af te skiet nie.

Syferfontein Steenkoolmyn en ander myne in die omgewing is ook nie betrokke met enige vorm van ontploffings daar nie.

“Sasol is egter besig met ‘n ondersoek en hulle sal mnr. Mahalangu in kennis stel as daar verwikkelinge is,” het mnr. Alex Anderson, hoof van media en komunnikasie van Sasol gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button