Editor's choiceLocal newsNews

Hospitaalstelsels teleurstellend

Volgens mnr. James Masango, DA provinsiale leier, is hospitale reeds ’n geruime tyd sonder dokters.

Die staatshospitale in Mpumalanga steier onder ’n tekort aan dokters, waarvan die Standerton Hospitaal geen uitsondering is nie.

Die situasie is na mnr. Edwin Petzer, wat op Saterdag 30 Mei, op pad huis toe, in ’n ongeluk betrokke was, se ondervinding beklemtoon.

Volgens mnr. James Masango, DA provinsiale leier, is hospitale reeds ’n geruime tyd sonder dokters.

“Pasiënte wag vir drie maande of langer vir ’n operasie,” het mnr. Masango gesê.

Volgens hom voorsien slegs die Rob Ferreira Hospitaal en Witbank Hospitaal in die behoefte om ernstige chirurgie te hanteer.

Mnr. Masango het gesê die omgewing by staatshospitale is nie vir dokters bevorderlik nie.

“Hospitale neem nou politiese in stede van gesondheidsbesluite.”

Volgens ’n betroubare bron het die Standerton Hospitaal nie genoeg personeel nie en het ook beperkinge.

“Die hospitaal kan slegs beperkte dienste voorsien omdat sekere pasiënte gespesialiseerde sorg benodig,” het hy gesê.

Hy het ook na die oorplasing na die hospitale in Witbank en Nelspruit verwys, maar aangedui dat meer gesondheidswerkers gewerf is.

Die provinsiale Departement van Gesondheid kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Lees die volledige berig van mnr. Petzer se ondervinding in vandeesweek se Standerton Advertiser.

 

 

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button