Matla-rugbyspeler val skeidsregter aan
Matla Rugbyklub in moeilikheid oor onderonsie met skeidsregter.
BETHAL – Die rugbywedstryd tussen Bethal en Matla op Saterdag 30 Mei, is na 28 minute se speeltyd deur die skeidsregter stopgesit.
Bethal het op daardie stadium met 22-0 voorgeloop.
Na wat verneem word, het ‘n speler van Matla die skeidsregter gestamp.
Mnr. Jannie Burger, Bethal se voorsitter, het aan Ridge Times gesê dat die voorval by die Mpumalanga Skeidsregtersvereniging aangemeld is.
Dit blyk dat alle skeidsregters wat aan die vereniging behoort, vir tyd en wyl geen wedstryde sal beheer waarby Matla betrokke is nie.
Matla moet dus hul eie skeidsregters reël.
Mnr. Danie Jacobsz van die skeidsregtersvereniging het gesê dat die voorval ondersoek word.
Hy het bygevoeg dat die speler se naam nog nie bekend gemaak kan word nie, maar dat indien hy skuldig bevind word, die speler lewenslank geskors kan word.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



