Mnr. en Mej. SHS aangewys
Die geleentheid, met ’n winterwonderlandtema, is op 28 Mei by Hoërskool Standerton gehou.
Ruben Hohls en Gizelle Uys is onderskeidelik as die nuwe Mnr. en Mej. SHS aangewys.
Die geleentheid, met ’n winterwonderlandtema, is op 28 Mei by Hoërskool Standerton gehou.
Ouers en grootouers het opgedaag om hulle kinders en kleinkinders te ondersteun.
Altesaam 23 deelnemers het die verhoog by vanjaar se kompetisie bestyg en hulle talente met sang en dans afgerond.
Die gehoor is met agt items vermaak.
Kayleigh Ferreira is as tweede prinses en Marichelle Nortjé as eerste prinses onder die evageslag gekroon, terwyl Michael Redelinghuys derde en Henk Schoonraad tweede was.
Leah, die programregisseur, het ook ’n paar liedjies gesing.
Die borge is bedank wat tot die sukses van die aand bygedra het.
Besoek gerus ons ander webtuistes hier:
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.
Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:
BBM – 266F5BCC
WhatsApp – 0748872805





