Booswigte teiken inwoners
’n Inwoner in Marklaan, me. Angelique Vorbeck, is raadop omdat diewe die afgelope twee weke goed vanuit hulle erf gesteel het.

BETHAL – ’n Inwoner in Marklaan, me. Angelique Vorbeck, is raadop omdat diewe die afgelope twee weke goed vanuit hulle erf gesteel het.
“Hulle het eers by ons garage ingebreek en al die gereedskap gesteel,” het sy gesê.
Volgens haar het hulle die polisie geskakel, maar was daar geen reaksie nie.
“Ons kon al dood gewees, want hulle het tot vandag toe nog nie opgedaag nie.”
Diewe het op Woensdag, 3 Junie vier bande van haar skoonpa se motor gesteel en ’n emmer vol bakstene agtergelaat.
Volgens haar is daar nog geen saak by die polisie aangemeld nie omdat hulle die eerste keer nie reaksie getoon het nie.
“Ek verstaan nie waar hulle inkom nie want my huis is met hoë palissades omhein,” het me. Vorbeck gesê.
Sy het ook gesê dat hulle nuut op Bethal is en dat verskeie inwoners haar al oor die huis gewaarsku het.
Die polisie het nog geen kommentaar gelewer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



