Local newsNews

Kruisskyf Bedruip

Vadersdag is om die draai en almal wonder seker wat om vir Pa te maak.

Vadersdag is om die draai en almal wonder seker wat om vir Pa te maak.

Volgens mnr. Pieter Botes, apteker, is dit altyd lekker om te braai.

Die bygeregte is gewoonlik die lekkerste en meeste moeite gaan daarin.

Vir mnr. Botes is dit die teenoorgestelde omdat hy ’n marinade wensous saam met sy vleis aanbied.

Hy braai graag ’n kruisskyf wat 2cm dik is.

Kruisskyf Bedruip of MarinadeSous:

Bestanddele en metode:

Hierdie resep is genoeg vir een kruisskyf. Vermeerder soos benodig.

Meng die volgende bestanddele saam en marineer kruisskyf daarin vir ten minste drie ure of verkieslik oornag in yskas.

Bedruip die vleis terwyl dit gebraai word.

¼ koppie olyfolie

¼ koppie Balsamiese asyn

¼ koppie Worcestershiresous

¼ koppie soyasous

2 teelepels Dijonmosterd (aangemaak)

Klein bietjie sout en varsgemaalde swart peper

Diegene wat van knoffel hou, kan gerus ’n paar teelepels fyn gekapte knoffel byvoeg.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button