Bekende inwoner en sakeman van Trichardt op 88 dood
Nick van Niekerk se begrafnisdiens sal op 23 April om 11:00 in die Ronde Kerk in Secunda gehou word.
Nick van Niekerk, ’n bekende inwoner en sakeman van Trichardt sedert 1978, is op 15 April in die ouderdom van 88 oorlede nadat hy vir drie weke in die hospitaal opgeneem was.
Hy word oorleef deur sy dogter, Elize Hendricks, wat hom liefdevolle sorg gegee het, asook twee kleinkinders en drie agterkleinkinders.
Van Niekerk was bekend vir sy toewyding aan Sasol en sy besigheid, Van Niekerk Transport.
Sy vrou, Heila, is in 2017 in die ouderdom van 98 aan natuurlike oorsake oorlede.
Diepste simpatie en meegevoel word betuig aan sy familie en geliefdes gedurende hierdie hartseer tyd.
Van Niekerk se begrafnisdiens sal op 23 April om 11:00 in die Ronde Kerk in Secunda gehou word.



