Die jaarlikse sopprojek is weer aan die gang en me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, nooi behoeftige mense om sop te gaan skep.
Mense kan weekliks op Saterdae vanaf 10vm tot 2nm sop gaan afhaal.
“Ons het egter ’n tekort aan bakke en rig ’n versoek dat almal hul eie bakke moet bring,” het sy gesê.
Me. Viljoen en mnr. Hennie Rademeyer, DA-lid, deel die sop uit vanaf hul huis in Du Plooystraat 20.
Spur het onlangs ’n groot skenking gemaak en lede het mnr. Albert Swart, eienaar, vir sy ondersteuning bedank.
“Behoeftiges het nog altyd na aan my hart gelê en as ek kan help, dan doen ek,” het me. Viljoen gesê.
Sy het ook gesê dat enige skenkings waardeer sal word.
Vir meer inligting, skakel haar by 060 491 7038.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



