Tannie Elsie vier ’n eeu
“Die wêreld het onbeskryflik baie in my tyd verander, maar nie die lewe nie.”
Me. Elsie van der Merwe het op Vrydag, 19 Junie 100 jaar oud geword en het haar verjaarsdag op 20 Junie met familie gevier in die Evander N.G. Kerk se saal.
Me. Van der Merwe het vier van haar eie kinders grootgemaak, 14 kleinkinders help grootmaak, 24 agterkleinkinders en 13 agter-agterkleinkinders ’n deeltjie van die lewe geleer.
“My lewensverhaal is ’n boek op sy eie, maar ek geniet elke dag steeds voluit,” het me. Van der Merwe gesê.
“’n Persoon moet altyd probeer goed wees teenoor jou medemens, al het jy haat in jou hart, maar om iemand sleg aan te doen help niemand nie.”
Sy het die Medico Apteek op Evander bedank vir die skenking van blomme en almal wat haar spesiale dag saam haar ’n moontlikheid gemaak het.
Me. Van der Merwe het gesê: “Die wêreld het onbeskryflik baie in my tyd verander, maar nie die lewe nie.”
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 07488775




