Bethal se VLU-tak, in samewerking met Sukkelaar VLU-tak, het onlangs die streekvergadering aangebied.
Vroue van ander VLU-takke het ook die vergadering bygewoon.
“Vroue het lekker saam gekuier,” het me. Wilna Redelinghuys gesê.
Wenners van die gemaakte artikels is aangekondig en Bethal-tak het die beste album voorgesit.
Die vergadering is by die APK se kerksaal gehou.
Een van die onderwerpe was vrouwees.
Die UB Opleidingvergadering het ook onlangs plaasgevind waar vroue meer oor die VLU geleer het en oor wat die vereistes as ’n VLU-lid is.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



