Maak ’n verskil dié winter
Vir meer inligting, skakel me. Henning by 082 300 4835 of me. Lettie Olivier van die sopkombuis by 082 495 8774.
BETHAL – Solidariteit Helpende Hand se Bethal-tak, in samewerking met die Bethal Sopkombuis, het ’n Winter Hoop Kombersprojek geloods.
Lede van die organisasies se hoofdoel is om mense die winter warm te hou.
Volgens hulle is in volle swang en steeds is daar ’n tekort aan komberse.
“Minderbevoorregtes het nie die geld om ’n kombers te koop nie,” het me. Sanette Henning, Helpende Hand se voorsitter, gesê.
Hulle vra dat ondernemings en die gemeenskap die projek sal ondersteun.
Komberse sal eers aan behoeftige kinders gegee word en dan aan ander.
Enige kombers nuut of oud, kan geskenk word en mense kan dit by die Cosmos Rame of by FB Slaghuis aflewer.
“Help ons om die winter ’n verskil te maak.”
Skakel me. Henning by 082 300 4835 of me. Lettie Olivier van die sopkombuis by 082 495 8774.



